Latest News

Diplomas-in-Landbou
5 Jan 2024

‘n Loopbaan in Landbou

Met ’n beraamde 50biljoen honger mage om te vul teen 2050 kan jy nie verkeerd gaan met ’n loopbaan in landbou nie! Die Suid Afrikaanse landbouekonomie is divers, produktief en gemoderniseerd. 96 miljoen hektare word jaarliks bewerk; bied werk aan 848 000 Suid-Afrikaners en lewer ‘n byna R400 biljoen inspuiting tot die ekonomie. Boonop is landbou die afgelope paar jaar die vinnigste groeiende sektor in ons land.

Goeie nuus vir matrikulante is dat die landbou sektor julle nodig het!!! Die sektor se veerkragtigheid om aan die eise van klimaatsverandering, snelle vooruitgang en vernuwende tegnologie te voldoen is afhanklik van die ontwikkeling van nuwe kundigheid en vaardigheid. Met die gemiddelde ouderdom van ‘n boer in Suid-Afrika op 62 is ‘n nuwe generasie dinamiese jong landbouers nodig om ons land se landboutoekoms te lei.

Peritum Agri Institute het die eise van die toekoms en die uitdagings vir die onderwysstelsel in ag geneem by die ontwikkeling van ons landbou-onderwysstrategie vir die toekoms. Ons praktykgerigte landbou diploma programme met spesialisasie in diere of plantproduksie en ‘n sterk fokus op presisie en tegnologie word deeltyds aangebied en bied daarom ‘n tersiere onderrig tuiste aan die jong boer wat gelyktydig wil werk en studeer; wat ‘n praktiese benadering tot leer verkies; of vir wie voltydse studie weg van die huis/plaas net te ongerieflik is.

Peritum spesialiseer in landbou-onderrig sedert 2001 en wend die voordeel van ons wye netwerk en gevestigde verhoudings met landbouprodukorganisasies, formele landboustrukture, landboubesighede en die verskaffersnetwerk aan om aan ons studente omvattende blootstelling in ons praktiese program te bied.

Ons stel aspirant-/jongboere bloot aan die volle voedselwaardeketting om te verseker dat kennis en praktyke relevant en in konteks is en ‘n vaste grondslag bied in die dissiplines wat met
landbouproduksie geassosieer word. Werksgeïntegreerde leer vind plaas wanneer studente in werksomgewings geplaas word vir die doeleindes van leer. Ons glo vas dat ‘n gegradueerde wat ‘n
program voltooi het, in staat moet wees om die regte vaardighede, kennis, houding en waardes op die eerste dag van formele werk toe te pas … en nie eers na ‘n induksie- en heropleidingsproses nie.

Peritum graduandi vind plaaslik werksplasings as boere, plaasbestuurders, verkoopsverteenwoordigers, landbouadviseurs en word ook opgeneem in landboubesighede se internskap programme vir silo bestuurders en agri retail takbestuurders.

Die formaat waarin Peritum se Diploma Programme gestruktureer is het groot aantrekkingskrag vir praktykgerigte studente. 13 studieweke word versprei oor 20 maande. Die program tydens
studieweke is propvol gepak met lesings, demonstrasies deur verskeie rolspelers in die industrie, gevallestudies en besoeke aan plase waar gespesialiseerde praktyke toegepas word, asook
praktiese selftoepassings soos skaapskeer en wolklas, grondprofiel ontleding en veldopnames, voerkraalbestuur en veevoervervaardigiging, operateursopleiding en meganisasiebeplanning.

Assesserings word by wyse van indiening van ‘n portefeulje gedoen. Ons studente het dus geleentheid om ‘n reeks take uit te voer en dit toe te lig met beskrywings, fotos en videos en dit
dan in te dien as bewys van vaardigheid. Daar is dus geen eksamens en eksamenstres wat die student se weergee van sy vaardigheid beinvloed nie!!

’n Laaste bietjie goeie nuus aan matrikulante is dat verkeerde vakkeuses of swakker verwagte punte nie jou toekoms in landbou hoef te kelder nie. Peritum bied ’n NQF 4 Nasionale Sertifikaat
in Vee of Plant produksie aan studente wat nie Diploma vrystelling gekry het nie. Die program is matriekekwiwalent en studente wat dit voltooi in 2024 kan in 2025 aansoek doen vir Diploma
studies!

Kontak ons vir meer inligting of kyk gerus na die volgende video:
https://studio.youtube.com/video/0oOq2T7EpeU/edit
Epos: info@peritumagri.com / Tolvrye nr: 086 122 8461