Latest News

26 Sep 2018

VENNOOTSKAP TUSSEN RPO EN PERITUM AGRI INSTITUUT VERSTEWIG

Die vennootskap tussen die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) en Peritum Agri Instituut (voorheen BathoPele) rakende die nasionale diploma in diereproduksie is tydens die pas afgelope kongres van die nasionale RPO verder verstewig toe die kontrak tussen die twee organisasies onderteken is.

Die diploma in diereproduksie is ‘n volwaardige nasionale kwalifikasie en is geregistreer as a NQF-5 kwalifikasie by SAQA.   Die kursus is uniek in die opsig dat dit oor ‘n periode van 18 maande versprei word.  Alhoewel geen formele eksamen na afloop van die kursus afgelê word nie, word die werkstukke wat deur die studente ingehandig word, onderwerp aan streng assessering wat die kwalifikasie nie ‘n maklike taak maak nie.  Goeie terugvoering van studente wat die kursus deurloop het, is verkry.  Die diploma kwalifikasie bied aan studente wat om een of ander rede nie ‘n formele kursus aan ‘n universiteit kan deurloop nie, ‘n alternatief om ‘n kwalifikasie in diereproduksie te verwerf.  Die kursus bied ook studente die geleentheid om by wyse van ‘n oorbruggingskursus ‘n formele graad-kwalifikasie te verwerf.

 

Die RPO is verbind tot die vennootskap met Peritum Agri Instituut en sal ook studente bystaan waar dit indiensopleiding betref.

 

VENNOOTSKAP TUSSEN RPO EN PERITUM AGRI

VAN LINKS NA REGS: Mnr Koos van der Ryst (RPO: Voorsitter) ; Me Emmie Pietersen (Peritum Agri Institute: Direkteur) ; Mnr Barry Huysamer (Peritum Agri Institute: HOD)

 

NAVRAE : Me Odette Shepperson / Dr Barry Huysamer;Bemarkingsbestuurder; Peritum Groep; Sel : 082 564 8853 en Me Corine Steyn Bestuurder Skakeling; RPO Sel : 083 644 5545