Latest News

8 Oct 2018

Teleskoop of Termostaat? Praktiese Leierskap in ‘n Ontwrigde Werksomgewing, 2030

“Daar is geen vorige tydperk van verandering  wat op afstand enigsins lyk soos wat die mensdom op die punt staan ​​om te ervaar nie.”- aldus voormalige VSA vise-president Al GoreGore praat oor ‘n “leierskapsuiwering” en ondersteun die siening dat ons radikale nuwe planne vir  leierskapontwikkeling nodig het.

Is jy ‘n teleskoop of ‘n mikroskoop? Is jy ‘n termometer of ‘n termostaat?

Die wêreld van werk in 2030 is een van konstante verandering, versnelde innovasie. Dit word beskryf deur  terme soos digitalisering, kunsmatige intelligensie, vinnige verstedeliking, verskuiwing van globale ekonomiese mag, veroudering van bevolkings, slimfone, slimtegnologie … en net mooi slim alles. Tegnologie ontwikkel in alle sektore. Wat bekend was gister, en vandag, vervaag more.

Die werkplek van die toekoms mag ontwrigtend wees, propvol verandering, vinnige skuiwe en baie onsekerheid. In ‘n toenemend chaotiese besigheidslandskap is die leiers wat floreer diegene wat onsekerheid gemaklik kan verteer, hul spanne gefokus hou op ‘n visie net-net buite bereik en sekerheid kan skep binne chaos.

 

In ‘n onlangse artikel₁ in die Forbes Magazine word verwys na die twee faktore wat besighede bymekaarhou.  Die eerste die span se ‘depth of grit’, of te wel die dryf van die span om deurlopend te presteer en doelwitte te behaal, ongeag onsekerhede en beperkinge wat deur die omgewing gestel word. Die tweede die ‘glue’ of te wel die mate waartoe die mense in die span by mekaar kan staan, saamsmelt en saamwerk te midde van uitdagings en persoonlike verskille.

Hoe bou jy die grit en die glue van jou span?

Wees die teleskoop

Die haas in Alice in Wonderland maak ‘n baie belangrike stelling wanneer hy vir Alice sê ‘If you don’t know where you are going, any road will take you there’.  Alle paaie lei na nêrens totdat ons die eindbestemming bepaal. Dit is belangrik om ‘n inspirerende visie te ontwikkel van waarheen die besigheid oppad is, ‘n aangrypende bestemming op die horison wat die moed hoog hou tydens onsekerheid en chaos. Dis die rol van die leier om die idee dat daar altyd ‘n pad vorentoe is  lewendig te hou.

Chinese spreekwoord: “A journey of 100 miles begins with one step” is hier van toepassing. Dit behels dat uit die honderde dinge wat reggemaak, nuut begin, in stand gehou, deurgevoer moet word in die besigheid, daar enkeles op ‘’n slag geïdentifiseer word om aan te werk en af te handel. Die stelselmatige deurvoer en afhandel van een taktiese doelwit na die ander. Steve Jobs van Apple het eens daarna verwys gesê dat ons dink dikwels dat fokus behels om ja te sê vir enkele belangrike aspekte in jou besigheid, maar dit behels eintlik om elke dag, te midde van baie dringendhede nee te sê vir alles wat jou span se aandag aftrek van die kritiese aspekte wat na die groter doelwit werk.

 

Prosesse as mikroskoop

Juis omdat daar soveel dringendhede daagliks opduik wat die aandag kan aftrek is dit belangrik om elke divisie van die besigheid se funksies en doelwitte kortliks te omskryf en op te som. Hierdie take kan dan toegedeel word aan persone of sub-spanne. Dit is belangrik om hierdie take met die persoon of span deur te praat sodat daar geen onduidelikheid is oor die uitsette wat verwag word nie. Take kan in daaglikse, weeklikse en maandelikse uitsette verdeel word. Die daaglikse en weeklikse take sal waarskynlik fokus op die operasionele effektiwiteit van die boerdery, terwyl die maandelikse take meer sal fokus op taktiese instandhouding, groei en uitbreiding.  Hou die lyste eenvoudig en spesifiek en maak seker elke spanlid verstaan sy/ haar bydrae hiertoe. Bespreek met die span en kom ooreen hoe die mikroskoop op werksprosesse en uitsette gaan lyk.

Hou jou oog op die termometer

‘n Baie effektiewe manier van fokus behou is om op ’n weeklikse basis ‘’n kort en kragtige vergadering te hou met jou span. Hierdie fokusvergaderings kom uit die Total Quality Management konsep wat deur die Japannese ontwikkel en toegepas was in die jare 80/90. Dit behels dat daar ‘’n vaste kort agenda is waarvolgens elke divisie in die besigheid daagliks of weekliks ‘’n vinnige gesprek voer om te bepaal of hul vordering toon teen die beplande mylpale vir die dag of week en of die gom wat hulle aanmekaar hou nog sterk is. Hoe meer chaoties en hoe vinniger die snelheid van verandering, hoe belangriker die weeklikse termometer sessie. Die agenda het tipies net vier punte, naamlik (i) kort bespreking van vordering teen die vorige week of dag se take; (ii) beplanning en strukturering vir die dag of week wat voorlê, (iii) beplanning vir die uitvoering van taktiese / strategiese doelwitte (maand / jaar doelwitte) en (iv) emosionele monitor om seker te maak al die spanlede voel soliede grond onder hul voete, te midde van die tsoenami van besigheid.

As leier is jy egter die termostaat

In ‘n toekoms wat meer kunsmatige intelligensie in die werkplek insluit, sal leiers wat emosioneel intelligent is, uiteindelik floreer. As deel van leierskap en bestuur se voortgesette evolusie het militêre beheer oor ondergeskiktes van ‘n belangrike leierskapwaarde tot ‘n mededingende nadeel gegaan.Soos tegnologie meer algemeen voorkom in sakeprosesse, het organisasies minder hiërargies geword en die werkplek gaan toenemende meer onkontroleerbaar word.  Aangesien werkprosesse meer organies ontwikkel, sal dit bestuur word deur leiers wat in mense verstaan ​​en belê.

Bekende Afrika spreekwoord wat sê as jy vinnig wil gaan, gaan alleen, maar as jy vêr wil kom reis saam.  Die term sinergie het ontstaan in Chemie. Wetenskaplikes het bevind dat wanneer die atome en molekules van ‘n saamgestelde materiaal geskei word of saamgevoeg word daar geen voorspelbare uitkoms is kragtens die gedrag van die molekules nie. So is daar bv. geen sinvolle verwantskap tussen die individuele werking van geïsoleerde waterstof (H₂) en geïsoleerde suurstof (O₂) en die samevoeging water (H₂O) nie. Chemici het hierdie verskynsel sinergie genoem- die kollektiewe transmutasie wat eindelose nuwe moontlikhede inhou. Vandag praat ons van sinergie in spanne wanneer ons verwys na die potensiaal wat die samewerking van mense ontsluit.

Hier is drie maniere om sinergie in spanne te bevorder:

  • Laat die span ‘n stel waardes ontwikkel wat vir almal ononderhandelbaar is. Die span, kan met bietjie hulp self die gesprek voer en die lys van waardes opstel. Dis nie take nie, maar onderliggende gedragsdrywers waaroor almal sterk voel, bv. eerlikheid, dissipline en samewerking. Hulle kan hierdie waardes by die maandvergadering weer bespreek en gesels oor hoe elkeen se respek vir hierdie waardes die span help. Die spanleier moet dan ook spanlede wat nie by die waardes hou nie vra om in spanverband te verduidelik waarom hy/sy nie die waarde respekteer nie en die span kan mekaar so verbonde hou.
  • Bou op spanlede se sterkpunte. Indien werkers aangewend word volgens hulle sterkpunte word werk meer betekenisvol en inspirerend. As John die beste met syfers kan werk, kan hy die take doen wat somme en telwerk behels en daarvoor gekomplimenteer word. Piet, wat sterk is, kan weer die take lei wat krag vereis en daarvoor geprys word. Om individue se sterkpunte raak te sien is om hulle as mens raak te sien. Dit word ook ‘’n opwaartse spiraal vir prestasie omdat die individue natuurlik goed sal wees daarin waarvoor hy aangewend word.
  • Die laaste en baie belangrike manier om sinergie te bevorder is om ’n positiewe benadering tot werk toe te pas. Wanneer na foute of doelwitte van die week gekyk word werk vanuit die benadering van wat het ons hieruit geleer? En hoe stel ons dit reg? Eerder as kritiek uitdeel. Hierdie positiewe benadering is opbouend, dit onderrig en dit bevorder eienaarskap.

‘Coming together is a beginning, keeping together is progress, working together is success’ – Edward Everest Hale