Latest News

23 Apr 2018

Kom ervaar die toekoms van Boerdery

Talle jongmense in SA verbeur die geleentheid tot tersiêre opleiding weens praktiese realiteite wat voltydse studie aan ‘n tersiêre instelling onmoontlik maak.

Peritum Agri Institute het n Diploma in Veeproduksie en Plantproduksie ontwikkel wat elk deeltyds oor 12 studieweke en n 2 jaar tydperk aangebied word.

Die kwalifikasie sluit modules in oor Boerderybestuur, Agri Markte en -Bemarking, Personeelbestuur, Infrastruktuur en Hulpbronbestuur, Plaastegnologie en Meganisasie, Gewasseproduksie, Veeproduksie of Plantproduksie, Finansiële Bestuur en Entrepreneuriese Boerderybestuur.

Beide Diplomas het ‘n hoogs-praktiese aanslag.

Die Diploma in Veeproduksie sluit studiesessies in soos ‘n wolkursus, ’n skaapskeerkursus, beste-praktyk plaasbesoeke, voedingsprogramme, modelle vir skaap en bees, lewendehawe bemarkingsmodelle, ‘n voerkraalbesoek, ‘n KI demonstrasie, veldopnames, en ‘n abattoirbesoek.

Die Diploma in Graanproduksie sluit studiesessies in soos grondbestuur en -ontleding, plant-voortplanting, plantvoeding, databestuur, en geïntegreerde plaagbestuur.

Weens die praktykgerigte aard is daar geen formele geskrewe eksamens nie. Studente bou ‘n omvattende Portefeulje van Bewyse, vir evalueringsdoeleindes, wat kundigheid rakende die inhoud van die kwalifikasie demonstreer. Streng assesseringskriteria word deur interne en eksterne assessors en moderators toegepas.

Besoek ons by Nampo, in die Namposaal, by standplaas 15 vir meer inligting

Vir inligting: www.peritumagri.com of 051-4511120.