Latest News

sphere
4 Dec 2018

Geen jongboer in hierdie land moet ‘n geleentheid tot Tersiêre onderrig misloop nie

Reeds in 2012 het die Vrystaat Rooivleisprodusente Organisasie kommer uitgespreek oor die aantal entoesiastiese jongboere in Suid-Afrika wat die geleentheid tot tersiêre onderrig misloop. Die realiteit is dat talle jongboere wat hulself graag in ‘n landbourigting will bekwaam vir een van drie redes nie by ‘n universiteit kan inskakel vir voltydse studies nie.

In SA is talle jongboere reeds aktief  in die boerdery opgeneem wanneer hulle die skool verlaat, dit kan wees weens die omvang van die boerdery of die afsterwe van ‘n ouer of bloot omdat hy/sy nie meer tyd wil verspeel nie maar dadelik in sy/haar passie wil funksioneer

Vir vele jongboere, veral met die afgelope jare se verlangsaming in die ekonomie en die droogtes, is die kostes daarvan om vir drie jaar  voltyds te studeer en in te woon by ‘n tersiêre instelling ‘n onoorkomelike finansiȅle  uitdaging.

In ander gevalle verkies jong leerders  ‘n leeromgewing met ‘n praktykgerigte kurrikulum eerder as ‘n suiwer  akademiese aanslag en met die ineenstorting van kwaliteit onderrig in landboukolleges is daar geen geleentheid nie.  Die ASUF verslag oor die stand van onderrig in Suid-Afrika het aangedui dat hoewel daar 1500 nuwe studente jaarliks by Kolleges ingeskryf het vir Landboustudies, slegs 170 gradueer per jaar en slegs een derde van student voltooi uiteindelik hulle studies.

Die Peritum Agri Instituut, ‘n privaatkollege vir Landboustudies,  het op hierdie noodroep gereageer en deeltydse kwalifikasies ontwikkel wat aan jongmense met ‘n belangstelling in landboustudies die geleentheid te bied om ‘n formele Nasionale Diploma in Diereproduksie  of Graanproduksie nou deeltyds te verwerf.

Die kurrukilum bestaan uit sewe modules wat oor 72 kontakdae/ 12 weke aangebied word.  Die modules sluit temas in soos: Boerderybestuur,   Agri markte en bemarking,   Personeelbestuur,  Infrastruktuur en hulpbronbestuur,  Plaastegnologie en meganisasie en  Finansiele bestuur en Entrepreneuriese boerderybestuur.  Die veeproduksie of graandproduksiemodules van die onderskeie programme is omvattend en word oor vyf studieweke aangebied en dek die volle spektrum van produksiepraktyke. Die volle diploma word oor ‘n tydperk van 24 maande verwerf deur die bywoning van 12 studieskole van een week elk eses tot agt weke.

Die  program het ‘n hoogs praktiese aanslag. Dit bied aan leerders die geleentheid om aan die hand van  hoogskundige aanbiedinge deur  tegniese lewende hawe en wol adviseurs, agronome en  plantvoedingskundiges, landbouingenieurs en graanspesialiste alle prakties te deurloop.  Interessante nuwe ontwikkelings in landbou soos die aanwending van Drone tegnologie word ook deur student ondersoek en praktiese sessies hieroor aangebied. Hierdie praktykgerigte studiesessies sluit onder meer  ‘n expert sprekers,  beste praktykplaasbesoeke, aanvullende kursusse, vee of plantvoedingsprogramme/ modelle, lewendehawe of graan bemarkingsmodelle; demonstrasies en besoeke / ondersoeke na bemarkingshuise. agenskappe in.

Die  praktykgerigte aard van die studies word voortgesit in die assesseringsmetodologie. In beide diplomas. Tydens elke leermodule word van die student verwag om ‘n omvattende Portefeulje saam te stel om sy/ haar kundigheid rakende die inhoud van die module te demonstreer.  Hierdie portefeulje wat opgebou word is dan die instrument aan die hand waarvan die leerder geevalueer word.  Die samestelling van die portefeuljes is belangrik en verg toewyding van die student,  met die addisionele voordeel dat geen formele eksamens geskryf word nie.

Die eerste groep studente het die program reeds in 2014 voltooi en die diploma ontvang- ‘n 100% slaagsyfer.  Sedertdien het vyf nuwe programme gevolg en honderde leerders die formele diplomas wat deur die Suid-Afrikaanse owerheid onderskryf word verwerf.

Die Peritum Agri Institute het in 2018 ‘n sustersooreenkoms met Aeres   Universiteit in die Nederlande gesluit. Hierdie ooreenkoms bied aan ons studente in die Kollege die geleentheid om met uitruillektore en uitruilstudente sessies beste praktyk in produksiemodelle te ondersoek. Studente aan die PeritumKollege het ook die geleentheid om aansoek te doen om in die uitruilprogram opgeneem te word vir besoeke aan Nederland.

Top studente op ons Diplomaprogramme word ook jaarliks deur John Deere Sub-Sahara Afrika getrakteer op n beste-praktykbesoek aan John Deere se hoofkantoor, distribusiesentrum en self ‘n fabriek internasionaal.

‘n Verdere poging deur die Peritum Agri Instituut om landboustudies toeganklik te maak is die fooistrukture.  Die fooie van die program is omvattend en geen addisionele kostes word gehef vir bv boekegeld, prakties, eksamens ens nie.  Die kursusfooie word ook oor die 24 maande tydperk in bekostigbare maandelikse paaiemente afbetaal.

Vir meer inligting rakende die Diplomastudies of kontak vir Odette Shepperson by marketing@peritumagri.com of 051-4511120.

Of loer na die diplomas hier:

Plantproduksie: www.peritumagri.com/course/national-diploma-in-plant-production

Animal Production:  www.peritumagri.com/course/nqf-5