Agri-Kleinhandel verg professionele bestuursvaardighede
» en ’n effektiewe kleinhandel professionele bestuursvaardigheidspyplyn «
Deur Peritum Agri Institute
Agri-kleinhandel was eens ‘n beskermde, produsent-georiënteerde besigheid. Kliënte het na die tak gekom omdat daar min alternatiewe was, en ‘n goed gevulde rak en gesonde administrasie was gewoonlik genoeg. Daardie wêreld het die afgelope dekade drasties verander. Landbou-ondernemings staar vandag mededinging van alle kante in die gesig: hulle moet hul markte beskerm en laat groei, tegnologie-gedrewe oplossings bied en nuwe marksegmente ontwikkel.
Tog vind Agri-kleinhandel steeds plaas in ‘n landelike, verhoudingsgedrewe omgewing waar waardes en persoonlike aandag ononderhandelbaar is. Die takke wat floreer, is dié wat skerp besigheidsinsig kombineer met opregte omgee vir die kliënt oorkant die toonbank.
Van administrateur tot entrepreneur
Takbestuurders is tradisioneel aangestel vir hul uitstekende administratiewe vermoë en deur die geledere ontwikkel. Daardie sterkpunte tel steeds, maar die rol vra nou meer. Die hedendaagse takbestuurder moet soos ‘n entrepreneur dink: iemand met ‘n mededingende ingesteldheid wat kontantvloei verstaan, voorraad as ‘n belegging bestuur, ‘n betrokke span lei en blywende verhoudings met kliënte bou.
Hierdie verskuiwing gebeur nie per toeval nie. As ons verwag dat bestuurders die tak as ‘n besigheid moet bedryf, moet ons hulle toerus om dit te doen.
Talentontwikkeling bied ‘n mededingende voordeel
Kleinhandelbestuur vra vir ’n balans tussen vier uiteenlopende vaardighede wat dikwels nie in dieselfde natuurlike bevoegdheidsprofiel saamgevat is nie. Die vermoë om operasionele oorsig met fyn detail uit te voer; ‘n analities- en evaluerende benadering tot die bestuur van begrotings-en voorraad; kreatiewe en estetiese aanslag tot takuitleg en produkaanbieding; en ’n buitengewone vermoë om vertroue by mense te skep en hulle te mobiliseer om volhoubaar jou leiding te volg [intern en ekstern].
Die Peritum Agri Retail Bestuursontwikkelingsprogram is juis ontwerp om op ’n baie praktiese vlak vaardighede op te skerp en leerders met prosesse toe te rus om die gapings in natuurlike bevoegdheidskategorieë te oorbrug. Ons aanslag is ’n gestruktureerde vyf fase proses om insig te ontwikkel en dan om te skakel in aksie.
Eerstens, skep ons deur voorbeelde en vrae ruimte vir ’n spontane inkoop in die ‘waarom-hierdie-belangrikis’; dan lei ons die student om die elemente prakties te ondersoek en verbande raak te sien; derdens voorsien ons ’n proses wat gebruik word om die elemente te ontleed en tekortkominge, belyn met die tak se konteks te identifiseer; daarna word vir elke kern element ’n meetbare uitkoms of uitkomste geformuleer en laastens word ’n praktiese aksieplan deur die student in plek gestel om daarby uit te kom.
Hierdie benadering tot die leerproses ontwikkel insig, vaardigheid en ’n toepasbare proses en fokuspunt vir toepassing in die tak.
Nie oor ‘n sertifikaat nie, maar oor die tak
Die program is nie geakkrediteer nie en dra geen krediete nie. Dit is doelbewus so. Dit is ‘n pasgemaakte oplossing wat by jou maatskappy se Agri Retail-diensstrategie aansluit, en die doel is onmiddellike, meetbare waarde in die besigheid. Bestuursvaardighede is algemeen, maar die toepassing daarvan verskil van maatskappy tot maatskappy, daarom word die praktiese kant van die program rondom jou kultuur, benadering en aspirasies ontwerp.
Dit loop oor 10 tot 12 maande teen ‘n tempo van een module elke vier tot ses weke. Dit laat ruimte om nuwe vaardighede tussen sessies in die tak toe te pas en beperk onderbreking in die werkplek. Sessies word as kontakklasse of regstreekse Teams-sessies aangebied, in Afrikaans of Engels, en leerders word ondersteun met video’s, gevallestudies en hulpbronne op die STRIDE-aanlynplatform. ‘n Kort aanlyn-assessering volg op elke module.
Ses modules, een doel
Die ses modules volg die manier waarop ‘n tak werklik funksioneer:
Die hart van die program: afrigting met die oog op ‘n takbesigheidsplan
Wat hierdie program anders maak, is die uitset wat die leerders produseer. Elke leerder bou ‘n volledige besigheidsplan vir hul eie tak, onder leiding van ‘n Peritum-besigheidsafrigter (business coach). Die afrigter werk deurlopend, oor die tien maande tydperk van die program saam met die leerder, sodat die inhoud nooit as teorie in ‘n klaskamer agterbly nie. Elke module vereis verdere inhoud en verfyning van die takbesigheidsplan. Elke student word deurlopend uitgedaag om krities oor elke aspek van die takplan te dink. Die afrigter help die leerder navorsing, analises en idees krities te verpak in besluite wat by die tak se konteks en potensiaal pas.
Die plan groei stap vir stap soos die modules vorder. Teen die einde bevat dit:
Hier verdien die afrigting sy plek. ‘n Afrigter vra die praktiese vrae: Wat sê jou tellingskaart oor hierdie tak? Wie is jou hoogste inkomstepotensiaal kliënte? Waar is kontant vasgevang in stadigbewegende voorraad? Hoe gaan jy Maandagoggend die plan na jou span afwentel? Saam vorm hulle die antwoorde tot ‘n plan wat die bestuurder oor opgewonde is, eerder as ‘n generiese dokument wat ná die kursus weggebêre word.
Aan die einde van die program lê elke leerder ‘n uitvoerende oorsig van hul takbesigheidsgeval aan Uitvoerendebestuur voor. Dit sluit die kringloop. Bestuur sien werklike planne vir werklike takke, leerders ontwikkel selfvertroue en verantwoordbaarheid, en die maatskappy baat by die gestruktureerde benadering tot groei en effektiwiteit in die kleinhandelbesigheid.
Onmiddellike waarde, langtermynsterkte
Omdat die plan op die leerder se eie tak gebou word, begin die waarde terwyl die program nog loop. Beter voorraadbesluite, ‘n meer doelgerigte span en ‘n sterker kliëntervaring begin in die tak self wys, en die tellingskaart maak die vordering meetbaar.
In ‘n mededingende kleinhandelomgewing is die bestuurders wat jou takke bedryf jou belangrikste bate. Om hulle die gereedskap en die afrigting te gee om daardie takke as besighede te bedryf, is ‘n belegging wat goeie opbrengste kan lewer.
Belangstelling?
Kontak Peritum Agri Institute om ‘n program te bespreek wat vir jou maatskappy aangepas is:
development2@peritumagri.com of 051 451 1120 | www.peritumagri.com


